Hoe kan jy ‘n bydrae lewer?

‘n Dinamiese en betekenisvolle oudleerderbond skep gelyktydig geleenthede vir oudleerders om sosiale en professionele bande te smee, en om projekte van stapel te stuur wat die voortbestaan en groei van ons Alma Mater sal bevorder.

Ondersteuning deur middel van kundige insette, tyd, positiewe kommentaar en finansiële bydraes word verwelkom en maak dit moontlik om ons mandaat uit te voer.

Finansies

Die KOB is besig om strukture daar te stel vir eenmalige en maandelikse bydraes. Alumni met ervaring in fondswerwing word genooi om met die KOB in verbinding te tree. Finansiële state sal op versoek beskikbaar gestel word. 

Netwerkontwikkeling

Jou kundigheid, vaardighede en professionele insette is van onskatbare waarde vir projekte wat deur die KOB geloods word om Kuswag uit te bou tot ‘n onvervangbare bate aan die Suidkus van Kwazulu-Natal.

Tree asseblief met die KOB in verbinding indien jy betrokke wil raak.

Projekte

Infrastruktuur onderhoud

Infrastruktuurontwikkeling: Sportsentrum

Herwinningsaanleg

Ander

Leerder Ondersteuning

Beurse

Toer-befondsing (sport en kultureel)

Loopbaandae

Spaarkapasiteit benutting

Kuswag se voortbestaan kan ondersteuning werf deur diensbaarheid in die gemeenskap met beskikbaarstelling van lokale, sportgronde en fasiliteite.

Reünies

Die KOB wil graag waar ons kan behulpsaam wees wanneer alumni mylpaal-reünies wil reël.

COVID-19 het ons groot planne vir Kuswag se 50ste bestaansjaarvieringe in die wiele gery. Hou asseblief ons sosiale media blaaie dop vir nuus in hierdie verband.

Bydraes Gelewer

Dankie aan die volgende persone en instansies vir bydraes aan die KOB:

  • Pieter van der Spuy vir sy visie om die KOB te stig.
  • Dr Dirk Coertze vir sy werk om die databasis projek te loods.
  • Die reünie reëlingskomitee vir hulle beplanningswerk en deurvoer van die benoemingseremonie vir oudhoofde in November 2020: Pieter van der Spuy, Dr Dirk Coertze, Martin Prinsloo, Christie Bosman, Thyrza Price, Charnelle Rossouw en Hendrik Terblanche.

Donasies Ontvang

< R5,000

R5,000 tot R20,000

> R20,000